SA Skole Atletiekkampioenskap. Gedurende die afgelope skoolvakansie het drie atlete van Hoërskool Randburg presteer by die SA Skole Atletiekkampioenskap.
- Kaili Botje – verwerf drie goue medaljes in die 100m, 200m en die 4 x 100m aflos. Sy is ook aangewys as die beste baanatleet by die byeenkoms. Kaili het ook die byeenkoms-rekord gebreek in die 200m!
- Willie Lindeque – Willie Lindeque verwerf ‘n brons medalje vir diskus
- Megan Kleynhans – behaal ‘n brons medalje in die 1200m
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf