SA Skole Atletiek Kampioenskappe. Sestien atlete van Hoërskool Witteberg het vanaf 3 April aan die SA Skole Atletiek Kampioenskappe in Germiston deelgeneem. Die Wittebergers het puik prestasies opgelewer.
Witteberg se leerders spog met sewe medaljes waarvan drie Goud en vier Brons medaljes is. `n Totaal van ses leerders het plekke onder die Top 10 in Suid-Afrika losgeslaan.
Hoogtepunte
- Charl Greyling het `n eerste plek behaal tydens Hamergooi vir seuns o.19. Dit maak hom dan die beste in Suid-Afrika met hamergooi vir seuns o.19.
- June Lombard spog met een Goud vir 4×400m 0/19 aflos en een Brons 4×100m 0/19 aflos.
- Andrea Steynberg spog met een Goud vir 4×400m 0/19 aflos en een Brons vir dogters o.17 800M.
- Ernst Mienie spring `n hoogte van 4.3 m tydens die o.19 seuns paalspring en verower `n brons medalje.
- Jemma Shepherd spog met een Brons medalje tydens die 5000m stap vir dogters o.15.
Ander atlete wat Witteberg trots gemaak is;
- Elry Flores – Dogters o.19 paalspring met `n 4de plek.
- Gerhard Bossert – Seuns o/17 2000m hindernis met `n 5de plek.
- Cobus Labuschagne – Seuns o.15 Hamergooi met `n 5de plek.
- Morapedi Masenjane – Seuns o.17 110 hekkies met `n 9de plek.
- Amy Kotzé – Dogters o.17 Driesprong met `n 4de plek.
- Anuschka Janse van Rensburg – Dogters o.17 13de plek met hamergooi en 16de plek met Gewigstoot.
- Jané de Villiers – Dogters o.17 5000m stap met `n 4de plek.
- Suné Hills- Dogters o.15 Driesprong met `n 12de plek.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf