
SA o.20 Netbalspan – Marianne Louw van Hoër Meisieskool Oranje blink uit ondanks ‘n besering. Hoewel sy volgende maand nie in aksie op die netbalbaan sal wees nie, dra Marianne Louw (gr. 12) steeds trots die groen en goud van Suid-Afrika. Sy is onlangs gekies vir die SA o.20 netbalspan wat aan die Afrika Streek 5-Jeugspele in Namibië gaan deelneem.
Ongelukkig het ’n skouerbesering haar seisoen kortgeknip en sal sy nie speel nie. Marianne bly egter deel van die span – ’n bewys van haar talent en waarde as spanmaat.
Hierdie prestasie is net die jongste hoogtepunt in haar merkwaardige netbalreis. Sy was in 2023 en 2024 onderskeidelik gekies vir die SA o.16- en o.17-spanne. Verlede jaar tydens die Nasionale o.17-kampioenskap is sy as Speler van die Toernooi aangewys.
Daar is egter nog ‘n kersie op die koek vir haar. Marianne het ook ’n plek in die Mangaung o.21-span verower. Hulle gaan in Desember aan die nasionale kampioenskap deelneem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor