)
CHOOSE LIFE...WHENSECONDS COUNT

SA o.20 Netbalspan – Hoër Meisieskool Oranje

SA o.20 Netbalspan – Marianne Louw van Hoër Meisieskool Oranje blink uit ondanks ‘n besering. Hoewel sy volgende maand nie in aksie op die netbalbaan sal wees nie, dra Marianne Louw (gr. 12) steeds trots die groen en goud van Suid-Afrika. Sy is onlangs gekies vir die SA o.20 netbalspan wat aan die Afrika Streek 5-Jeugspele in Namibië gaan deelneem.

Ongelukkig het ’n skouerbesering haar seisoen kortgeknip en sal sy nie speel nie. Marianne bly egter deel van die span – ’n bewys van haar talent en waarde as spanmaat.

Hierdie prestasie is net die jongste hoogtepunt in haar merkwaardige netbalreis. Sy was in 2023 en 2024 onderskeidelik gekies vir die SA o.16- en o.17-spanne. Verlede jaar tydens die Nasionale o.17-kampioenskap is sy as Speler van die Toernooi aangewys.

Daar is egter nog ‘n kersie op die koek vir haar. Marianne het ook ’n plek in die Mangaung o.21-span verower. Hulle gaan in Desember aan die nasionale kampioenskap deelneem.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

Matric Farewell 2026 – St Andrew’s School Bloemfontein

Matric Farewell 2026. Finally here – the full album of style and glamour! St Andrew’s gents certainly know how to turn up and were true gentlemen for the night. The…

NWU Prestige Sportreeks Kwartfinale – Hoërskool Montana

NWU Prestige Sportreeks Kwartfinale. 🏑 Monties-hokkie wys klas in NWU Prestige Sportreeks-kwartfinale. Hoërskool Montana se hokkiespanne het op 10 en 11 April die NWU Prestige Sportreeks-bane oorheers. Die spelers het…

Leave a Reply

You Missed

Matric Farewell 2026 – St Andrew’s School Bloemfontein

Matric Farewell 2026 – St Andrew’s School Bloemfontein

NWU Prestige Sportreeks Kwartfinale – Hoërskool Montana

NWU Prestige Sportreeks Kwartfinale – Hoërskool Montana

CUT Skole-sjefkompetisie – Hoërskool Fichardtpark

CUT Skole-sjefkompetisie – Hoërskool Fichardtpark

SWD o.15 Superliga-wenners – Hoërskool Outeniqua uitstaande

SWD o.15 Superliga-wenners – Hoërskool Outeniqua uitstaande

Raadsvoorsitters Tweede Kwartaal – Primêre Skool Naudeville

Raadsvoorsitters Tweede Kwartaal – Primêre Skool Naudeville

Vrystaat Atletiekspan – BVHS atleet gekies vir Vrystaatspan

Vrystaat Atletiekspan – BVHS atleet gekies vir Vrystaatspan