Heart Health

Kettieskiet – Hoërskool Piet Retief

Kettieskiet. Kettieskiet spog by Gauteng Ope: Talente tref hul teikens.

Die SASF of te wel “South African Slingshot Federation” se Gauteng Ope Kompetisie het plaasgevind op Saterdag, 21 Junie 2025, in Centurion. Tydens dié geleentheid het deelnemers vanuit al die provinsies teen mekaar meegeding. Die internasionale kettieskietreëls en -standaarde is gehandhaaf en deelnemers moes eers 10 keer verskillende grootte Staalplaatjies (teikens) afskiet op afstande van onderskeidelik 10m, 15m en 20m.

Daarna is ‘n velditem aangebied waar deelnemers 5 keer Valplaatjies, van verskeie groottes en afstande, moes raakskiet. Dit was voorwaar ‘n dag van gróót kompetisie maar nóg groter pret.

Karlii van Zyl (Gr 9-leerling van Hoërskool Piet Retief) het weggestap met ‘n goue medalje vir Algehele Wenner van die Gauteng Ope Kettieskietkompetisie, O/16-kategorie! Knap gedaan, Karlii.

Met sulke skerpskutters is die toekoms van Suid-Afrikaanse kettieskiet blink én op koers!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hsprweb.com/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Top Honours at FEDA – St Benedict’s College

Top Honours at FEDA. 🏆St Benedict’s College Shatters Expectations with Historic FEDA 2025 Victory. “The Other Side of the House” Dominates South Africa’s Premier High School Theatre Festival 🎭 What…

Knysna Woud Halfmarathon – Hoër Meisieskool Oranje

Knysna Woud Halfmarathon – Mira Rossouw, is ’n graad 12-leerder van Hoër Meisieskool Oranje. Sy het die afgelope Saterdag die Knysna woud behoorlik laat bewe met haar pas! Sy behaal…

Leave a Reply

You Missed

Top Honours at FEDA – St Benedict’s College

Top Honours at FEDA – St Benedict’s College

Knysna Woud Halfmarathon – Hoër Meisieskool Oranje

Knysna Woud Halfmarathon – Hoër Meisieskool Oranje

Rhino Rugby Streekweek – Hoërskool Linden

Rhino Rugby Streekweek – Hoërskool Linden

WP-Akademie Rugbyspan – Hoërskool Paarl Gimnasium

WP-Akademie Rugbyspan – Hoërskool Paarl Gimnasium

Beste Cheerleading in SA – Helpmekaar Kollege

Beste Cheerleading in SA – Helpmekaar Kollege

G20 Jeugberaad – Helpmekaar Kollege

G20 Jeugberaad – Helpmekaar Kollege