SA Nasionale Skole Atletiek. Hoër Landbouskool Boland in die Paarl se atlete het goed presteer by die SA Nasionale Skole Atletiek byeenkoms in Germison. Die uitslae van hul atlete is as volg:
- Aleit Stander – o.15: Verspring 5de plek, 6.35m
- Altu Smit – o.19: Hamergooi 4de plek, 42.95m
- Rennie Swarts – o.17: 200m 5de plek, 21.76m. Nuwe skoolrekord.
- o.17 Sweedse Aflos – Rennie wen goud as lid van Wes-Kaap span.
- o.17 4 x 100m aflos – Rennie wen goud as lid van Wes-Kaap span.
- Jaeger Coetzee – o.15: Hoogspring 1ste plek, 2.01m. SA Skole Rekord en Skoolrekord; 400m 1ste plek, 49.32 sek; 200m 2de plek, 22.39 sek.
- o.15 Sweedse Aflos – Jaeger wen goud as lid van die Wes-Kaap span; o.15 4 x 100m aflos, Jaeger wen goud as lid van die Wes-Kaap span.
Hierdie seuns se harde werk en deursettingsvermoë spreek boekdele. “Victory is having done your best. If you’ve done your best, you’ve won.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf