SA Landloopkampioenskap. 🏃♀️ Midstream College blink uit in landloop!
Midstream College is trots om aan te kondig dat twee van hul uitmuntende landlopers, Amelia Oosthuizen en Christelle Struwig, gekies is om Gauteng te verteenwoordig by die SA Landloopkampioenskap wat op 3 en 4 Oktober plaasvind.
Hierdie prestasie is die resultaat van harde werk, toewyding en buitengewone talent. Amelia en Christelle het deur verskeie uitdunne en provinsiale kompetisies hul plek in die span verdien. Mistream weet hulle gaan Gauteng én Midstream College met trots verteenwoordig by die SA Landloopkampioenskap.
Midstream College wens hulle alle sterkte toe vir die kampioenskap. mag julle elke tree met selfvertroue en deursettingsvermoë neem. Julle is ’n inspirasie vir mede-atlete en ’n bewys van wat moontlik is wanneer passie en vasberadenheid saamkom.
Baie geluk, Amelia en Christelle – ons is ongelooflik trots op julle! 🎉
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.midstreamcollege.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








