SA Hoërskole-atletiekkampioenskappe – Germiston.
Hoërskool Punt, Mosselbaai, is ongelooflik trots op hul uitmuntende groep atlete wat hierdie naweek in Germiston aan die SA Hoërskole-atletiekkampioenskappe gaan deelneem!
Hierdie kampioenskappe bring die beste hoërskoolatlete van regoor Suid-Afrika bymekaar – en Punt is trots om sterk verteenwoordig te wees op nasionale vlak.
Punt se atlete:
- Catherine-Lee Gouws – 400m H
- Muhammed Kajee – 400m H
- Dian Barnhuizen – 1500m
- Ané Oosthuizen – 400m H / 400m
- Ryan van Eck – Hamergooi
- Edward Swanepoel – 400m H / 400m
- Hanco Barnhuizen – 1500m
- Alandi van Zyl – Driesprong / Verspring
- Dian Steyn – Pentathlon
- Kemilke van Zyl – 100m / Verspring
- Jessie Botha – 3000m / 1500m
Hierdie leerders het hul plek verdien deur harde werk, dissipline en deursettingsvermoë. Hulle dra die naam van Hoërskool Punt met trots – en Punt weet julle gaan uitblink!
Sterkte met julle deelname – geniet elke oomblik en gee alles!
Punt staan bankvas agter julle!
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









