SA Growthpoint Nasionale Muurbal. Codey Abrahams skitter op nasionale muurbalbaan!
Hoërskool Langenhoven, Riversdal, is uiters trots op Codey Abrahams, ’n talentvolle muurbalspeler van die skool. Codey het onlangs aan die SA Growthpoint Nasionale Muurbal Toernooi (o.15) deelgeneem. Die toernooi het by die ikoniese V&A Waterfront in Kaapstad plaasgevind en het van die land se beste jong spelers gelok.
Codey het ’n merkwaardige vertoning gelewer deur 3 van sy 4 wedstryde te wen. Met sy vasberadenheid en vaardigheid het hy homself gevestig as ’n formidabele teenstander op nasionale vlak.
🌟 As kroon op sy prestasie is Codey deur Squash SA aangewys as die nommer een o.14 seuns-muurbalspeler in Suid-Afrika vir 2025. Dit is ’n ongelooflike eer asook ‘n bewys van sy harde werk en toewyding.
Hoërskool Langenhoven se skoolgemeenskap vier hierdie uitsonderlike prestasie saam met Codey en sien uit na sy toekomstige suksesse op en van die baan af!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








