Onderhoofleiers 2025/2026 aangekondig. Hoërskool Sentraal in Bloemfontein het op feestelike wyse hul Onderhoofleiers vir die 2025/2026 aangekondig. Dit is ’n oomblik van trots en belofte vir die toekoms. Die verkiesing van hierdie leiers is ’n bewys van hul karakter, toewyding en die vertroue wat die skoolgemeenskap in hulle stel.
- Onderhoofseun verteenwoordig stad: Waldo Slabbert
- Onderhoofdogter verteenwoordig stad: Lisa Steyn
- Onderhoofseun: verteenwoordig koshuis: MJ Cronje
- Onderhoofdogter verteenwoordig koshuis: Leané Botha
- Onderhoofseun koshuis: Estian Venter
- Onderhoofdogter koshuis: Minta Kotzé
Die skool wens hul nuwe leiers hartlik geluk en sien met opgewondenheid uit na die impak wat hulle op Sentraal se kultuur, akademie en gemeenskap sal hê. Hierdie jong leiers dra nou die fakkel van diensbaarheid, integriteit en inspirasie — waardes wat die hart van Sentraal vorm.
“Leierskap is nie net ’n titel nie, maar ’n roeping om ’n verskil te maak.” – Hoërskool Sentraal

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









