SA Fast 5 Kampioenskap. 🏐 Gim Gloei van Trots!
Hoërskool Gimnasium Paarl het hul staal gewys by die SA Fast 5-Kampioenskap, en die o.15-netbalspan het met ‘n briljante derde plek geëindig! Hul deursettingsvermoë, spanwerk en passie het hul tot op die podium geneem — ‘n prestasie om met trots te vier.
Hoërskool Gimnasium Paarl o.17-span het ook hul harte uitgespeel en waardevolle ervaring opgedoen, al het hulle nie vir die top 8-uitspele gekwalifiseer nie. Hulle eindig 16de — ‘n plek wat hul vasberadenheid en groei weerspieël.
Hier volg die uitslae van beide spanne.
o.15-span:
- vs Kathu: 33 – 11
- vs Witteberg: 28 – 14
- vs Louis Trichardt: 42 – 9
- vs Bergsig: 21 – 27
- vs Phoenix: 24 – 25
- vs Noordheuwel: 24 – 19
- vs Menlo: 35 – 25
- Semifinaal vs Stellenberg: 22 – 31
- Brons-uitspele vs Randburg: 25 – 21
o.17-span:
- vs Pearson: 15 – 26
- vs Reddam: 25 – 14
- vs Sec Daisy: 26 – 22
- vs Hartswater: 37 – 7
- vs Ben Vorster: 27 – 28
- vs Jim Fouché: 23 – 34
- vs Reddam: 24 – 26
- vs Volkskool: 24 – 29
- vs Framesby: 27 – 32
🎉 Baie geluk aan al die dogters en afrigters — julle het Gimnasium met trots verteenwoordig! Julle toewyding en geesdrif is ’n inspirasie vir almal. Ons sien uit na wat die toekoms vir Gim-netbal inhou!
Baie geluk aan al die dogters en afrigters — Gim is trots op julle!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








