Suid-Kaap kriekettoer. 🏏 JF-Krieket skitter in Suid-Kaap!
Hoërskool Jim Fouché se eerste krieketspan het hul Suid-Kaap toer met ’n onoorwonne rekord afgesluit – ’n prestasie om met trots te vier!
In hul laaste wedstryd het JF RPC Bridgton van Oudtshoorn met 48 lopies geklop. JF het eerste gekolf en 139/10 aangeteken in 35 boulbeurte. Bridgton kon nie die druk hanteer nie en is vir 91 lopies uitgeboul.
Uitblinkers aan die kolf:
- Franco de Necker – 39 lopies
- Ruan Kleyn – 31 lopies
- Christiaan Odendaal – 19 lopies
Sterre met die bal:
- Cobus Wilken – 4 paaltjies vir 25 lopies
- Zeke Cloete – 2 vir 4
- Christiaan Odendaal – 2 vir 11
🎉 ’n Spesiale gelukwensing aan Niel Wilken, wat sy 100ste wedstryd vir Jim Fouché se eerste span gespeel het – ’n merkwaardige mylpaal!

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








