)

SA Atletiekkampioenskappe – Hoërskool Langenhoven presteer

SA Atletiekkampioenskappe. Hoërskool Langenhoven skitter by SA-atletiekkampioenskappe.

Leerders van Hoërskool Langenhoven, Riversdal, het hul skool met groot trots verteenwoordig tydens die SA-atletiekkampioenskappe, waar hulle teen die land se beste atlete meegeding het.

Die hoogtepunt van die byeenkoms was sonder twyfel Jade Marx se indrukwekkende prestasie in die 5000m stap. Sy het ’n uitmuntende 2de plek behaal met ’n tyd van 28:39.17. Daarmee het sy haar plek onder die land se topatlete bevestig. Hierdie prestasie getuig van haar toewyding, deursettingsvermoë en ure se harde werk.

Chelsea Saayman het sterk meegeding in die 5000m en ’n 8ste plek behaal met ’n tyd van 19:25.63. Anika du Plessis het ’n uitstekende 5de plek in hamergooi behaal met ’n afstand van 46,0m.

Om op hierdie vlak deel te neem is reeds ’n besondere prestasie, en Hoërskool Langenhoven is uiters trots op hierdie atlete se harde werk, fokus en toewyding. Hulle het die skool se naam met trots uitgedra en dien as inspirasie vir hul medeleerders en die gemeenskap.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://langenhovenhs.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal