SA 20 Krieketreeks. Hoërskool Fichardtpark het gister die SA 20 Krieketreeks afgeskop met ‘n reuse oorwinning teen HTS Louis Botha. Fichies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Beste kolwers
- Eben Botha 81 lopies van 53 balle.
- Davyd Oosthuizen 50 lopies van 24 balle.
- Marno Smith 23 lopies van 16 balle.
Beste boulers
- Daniel Badenhorst neem 2 paaltjies vir 17 lopies
- Davyd Oosthuizen neem 7 paaltjies en staan slegs 6 lopies af. Sy spanmaats het hom vereer en hierdie prestasie gevier deur hom skouer-hoog van die veld te dra.
Fichies boul HTS Louis Botha uit vir 37 en wen met 144 lopies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









