)

Ruiters hou Hoërskool Langenhoven se naam hoog

Leané Pottas, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal en Dehan Pottas, ‘n graad 8-leerder het vanaf 1-4 Oktober 2017 aan die Nasionale Jeugskou te Bathurst (Oos-Kaap) deelgeneem en puik presteer.

Daar was altesaam 413 deelnemers uit nege provinsies. Leané en Dehan was deel van die Wes-Kaapspan en van hul take was om die perde onder tyd te was, voor te berei vir die skou, aan die hand te vertoon en ‘n eksamen moes afgelê word.

Dehan behaal die volgende plekke in die junior perdeklas: Hy behaal ‘n algehele vierde plek in die junior perde-afdeling, is tweede (reserwe kampioen) in die junior perde groepklas en reserwe kampioen in die junior skoumanklas.

Leané behaal die volgende plekke in die senior perdeklas: Sy behaal ‘n algehele tweede plek (reserwe kampioen) in die senior perde-afdeling, is die reserwe kampioen in die senior perde skoumanklas en is vierde in die senior perde groepklas.

Leané en Dehan se prestasies het bygedra dat WP die algehele trofee vir die provinsie met die meeste punte verwerf het, ontvang. Al die Dasse is baie trots op julle!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal