Rugby. Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch het met hul rugby spanne op 31 Julie teen Hoër Landbouskool Oakdale kragte gemeet. Die rugby dag het op Oakdale se plaas in Riversdal plaasgevind.
Altesaam negentien wedstryde is tussen Oakdale en PRG gespeel. Paul Roos was sewentien keer aan die wenkant. Harde rugby is deur die loop van die dag gespeel en PRG moes hard werk om oorwinnings te behaal teen begeesterde Oakdale spanne. Die hoogtepunt van die dag was die eerstespan se wedstryd waar die PRG-span met 13-3 koning gekraai het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Fotokrediet: Charmaine Sander