Armand Ascarey is ‘n kranige jong atleet. Hy het reeds op verskeie sportgebiede presteer ten opsigte van rolbal en toutrek waar hy verskeie toekennings ontvang het.
Tydens die onlangse SA Kampioenskappe in o.15 rolbal wat by Bloemfontein vanaf 4-7 April gehou is, het sy span die goue medalje verower. Hy was die kaptein van die twee WP o.15-Rolbalspanne en het sy taak skitterend uitgevoer. Hy is ook aangewys as die “Speler van die o.15 SA-toernooi”.
Sy aktiewe rolbal-deelname op WP-vlak op sy jong ouderdom sluit in verskeie toernooie, bv. WP-toernooie, 4 spel- en 3 spel-toernooie waar hy gewoonlike met eerste of tweede pryse uitblink.
Tydens die Worcester Envar Buys Rolbaltoernooi in Oktober 2016 was hy ook die algehele wenner van die enkel kampioenskappe,waar sy span ook uitgeblink het.
Become a Sponsor