Rising Star Tennistoernooi. Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se tennisspelers was die afgelope naweek in aksie by Tennis Suid-Afrika se BNP Paribas se Rising Star Tennistoernooi.
PRG se o/16A en o/16B-spanne het deelgeneem aan die Distrikstoernooi en het onderskeidelik eerste en derde geëindig. Die PRG o/16A-span het Boishaai A in die finaal met 3-0 geklop en die o/16B’s het Boishaai B met 2-1 geklop vir die derde plek.
Die B-span bestaan uit Christiaan Cronje, Melt van As, Milan Strydom en Tristan Damseaux.
Paul Roos Gimnasium se A-span is Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar en Divan Prinsloo. Die A-span dring deur na die Provinsiale Toernooi wat gedurende September plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf