Tetrathlon. Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, het geskitter tydens die 2022 Suid-Afrikaanse Nasionale moderne vyfkamp en vierkamp (Tetrathlon) Kampioenskappe asook die 2022 SA Nasionale Laserpistoolskiet-Hardloop Kampioenskappe wat vanaf 24 tot 26 Junie in Pretoria plaasgevind het.
Uitslae van die 2022 SA Nasionale Vierkamp (Tetrathlon) Kampioenskappe:
- Seuns o/17 Wilan Basson ( Skerm / 200 meter swem en gekombineerde pistoolskiet x 4 keer en 800 meter hardloop x 4 keer sonder rus tussen al die disciplines). Wilan verwerf die goue medalje as die nuwe 2022 o/17 SA-Vierkampkampioen.
Uitslae van die 2022 SA Nasionale Laserpistoolskiet-Hardloop Kampioenskappe:
- Luke Morton (o/15) 11de plek.
- Mattijs Machtelinckx (o/17) 8ste plek en kwalifiseer vir die SA-span na die wêreld-kampioenskappe in September 2022 te Lisabon, Portugal.
- Wilan Basson (o/17) 6de plek en kwalifiseer vir die SA-span na die wêreld-kampioenskappe in September 2022 in Lisabon, Portugal.
- Peter Boyes (o/19) silwer medalje en kwalifiseer vir die SA-span na die wêreld-kampioenskappe in September 2022 in Lisabon, Portugal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf