Die streeksuitdunne in die ATKV se redenaarskompetisie, het op Saterdag, 10 Maart in Oudtshoorn plaasgevind.
Hoërskool Langenhoven se Dassse het behoorlik “gekook” en nie minder nie as vyf Dasse het na die semi-finale rondte wat op Vrydag, 1 Junie te George plaasvind, deurgedring. Hierdie vyf Dasse verwerf almal provinsiale kleure. Hulle is van links: Johané Gerber, Karin Bester, Paula-mari Streicher, Annika Streicher en Nadia Enslin.