Die streeksuitdunrondte van die ATKV se debatskompetisie, het op Saterdag, 21 April in Hoërskool Langenhoven se skoolsaal plaasgevind.
Die Dasse het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en twee van ons junior spanne het na die semi-finale rondte deurgedring, asook een van die senior spanne. Hierdie leerders verwerf provinsiale kleure. Hulle neem tydens die eerste naweek in Junie op George teen die Oos-Kaap se spanne deel.
Op die foto verskyn, agter van links: Anja Joubert, Jana van den Berg, Kiara Vosloo en Natalie Stroebel. Voor, van links: Annika Streicher, Bianca Lombaard, Christel Jooste en Cheandrie du Rand