Radikale Redenaars. Drie leerders van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein het die naweek vir die nasionale rondte van die Radikale Redenaars gekwalifiseer. Dit vind in Oktober plaas in Boksburg.
Die leerders is Danielle Spangenberg (gr. 12, Afrikaans Moedertaal), Kamryn Lowe (gr. 11, Afrikaans Moedertaal en Engels Eerste Addisionele Taal) en Kayla Hogewind (gr. 10, Afrikaans Moedertaal en Eksperimenteel).
Kayla en Kamryn het albei verlede jaar ‘n tweede plek nasionaal behaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf