Lizanne en Derik Nortje het op 12 Oktober Hoërskool Strand verteenwoordig in die Nasionale Rondte van die Radikale Redenaars in Pretoria. Skole, afrigters, onderwysers en redenaars van regoor die land het by Laerskool Constantia-Park bymekaar gekom vir die groot geleentheid.
Derik, gr. 10, en Lizanne, gr. 11, het beide ‘n 3de plek losgepraat in die Nasionale Redenaars!
Lizanne het ook aan die Woordkuns afdeling deelgeneem en ‘n Nasionale 2e plek verower vir Afrikaans Gedigte en ‘n Nasionale eerste plek vir Engels Poetry gekry!
Baie geluk!