Die Ermelo Hoërskool Musieksentrum, Adele Grey Dansskool en die Errie Modelakademie het op Donderdag 12 Oktober 2017 ‘n gesamentlike prysuitdeling gehou. Dit was ‘n pragtige aand waar die leerders beloon is vir hulle harde werk deur die jaar. Die entoesiastiese gehoor wat die Ouditorium vol gesit het, het groot waardering vir elke leerder se prestasie gehad. Die aand het ook die kunste tot sy reg laat kom met pragtige musiek-, dans- en modelitems.
Die volgende leerders het van die top-toekennings ontvang:
Ballet
Dux leerder grondslagfase: Zanné Visser
Dux leerder junior fase: Kristen Lloyd
Dux leerder senior fase: Eva Diallo
Moderne dans
Dux leerder grondslagfase: Lizette Volschenk
Dux leerder junior fase: Kristen Lloyd
Dux leerder senior fase: Yonette Fourie
Hip Hop
Dux leerder grondslagfase: Latika Pakkari
Dux leerder Juniorfase: Mieke van der Linde
Dux leerder seniorfase: Johan Strauss
Veelsydigste danser: Zanné Visser
Modeltoekennings
Wisseltrofee vir uitmuntende modelwerk: Renel Swanepoel
Trofee vir die mees gevorderde model: Alicia Vorster
Trofee vir modelonderwys: Erika Venter, Christelle de Lange, en Ruben de Lange
Medalje vir beste vordering: Chanel Duggan
Musiektoekennings
Beste prestasie Unisa Praktiese eksamen:
Junior: Kristen Lloyd
Senior: Tamar Randell en Timon Brundyn
Laerskool dux junior: Kristen Lloyd
Laerskool dux senior: Tamar Randell
Hoërskool dux junior: Timon Brundyn
Hoërskool dux senior: Lusanti Brundyn
Veelsydigste leerling: Daniel van der Merwe
Ansophie Dippenaar toekenning vir uitstaande prestasie: Lusanti Brundyn
Foto hierbo: Lusanti Brundyn