Provinsiale Binnenshuise Hokkiespanne. Hoërskool Linden vier sporttrots!
Hoërskool Linden, Randburg, Gauteng, is ongelooflik trots op drie uitstaande Lindeniete. Hulle is onlangs gekies is om hul provinsie te verteenwoordig in die Southern Gauteng binnenshuise hokkiespanne. Hierdie prestasie is ’n bewys van hul harde werk, toewyding en liefde vir die sport. 🏑
- LJ Louw (o.14) – ’n jong talent wat reeds sy merk maak en ’n blink toekoms in hokkie het.
- Karmi Müller (o.16) – ’n vasberade speler wat met passie en deursettingsvermoë die span versterk.
- Ruaan du Toit (o.18) – ’n leier op die veld wat sy ervaring en vaardigheid gebruik om ander te inspireer.
Die drie spelers neem van 30 November tot 4 Desember 2025 deel aan die Interprovinsiale IPT-toernooi in KwaZulu-Natal. Daar dal hulle die beste jong hokkiespelers van regoor Suid-Afrika die stryd aansê. 🤩
Hierdie insluiting is nie net ’n groot eer vir die spelers nie, maar ook vir Hoërskool Linden wat bekend is vir sy sterk sporttradisie en die kweek van kampioene.
👏 Hoërskool Linden sê welgedaan aan LJ, Karmi en Ruaan! Julle dra die Linden-vlag met trots, en ons wens julle alles van die beste toe met die finale voorbereiding en die toernooi.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








