Provinsiale Baansport Kampioenskap. Drie leerders van hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein is vir die Provinsiale Baansport Kampioenskappe se span gekies.
- Marné van der Walt – Dogters O/19 – .22 Randslag en Jaggeweer.
- Janco de Witt – Seuns O/19 – Gasgeweer, Windbuksveer en .22 Randslag.
- Tiaan Fick – Seuns O/19 – Windbuksveer en .22 Randslag.
Die leerders gaan vanaf 10 tot 12 Augustus aan die Nasionale Baansport Kampioenskap van die SA Sport en Jag Federasie te Bloemfontein deelneem.
Meer skolesport: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf