Nasionale Netbal Kampioenskap. Die 1ste netbalspan van die Hoër Meisieskool Oranje kom die naweek voor die grootste toets van die jaar te staan. Dit is tydens die Nasionale Netbal kampioenskap (DSTV Netball Challenge) in Florida.
Oranje het in 2022 geskiedenis gemaak deur die eerste keer ooit die o.19-afdeling te wen. Dit was ook die eerste keer wat ’n skool buite Gauteng of Noordwes daarin kon slaag om die titel te verower.
Spanne gaan nege wedstryde in drie dae (Vrydag, Saterdag en Sondag) speel. OMS se groepwedstryde vind as volg plaas:
Vrydag (21 Julie)
- 08:00 teen Hoërskool Secunda
- 13:20 teen Shayamoya High School
- 15:20 teen Joe Slovo High School
Saterdag (22 Julie)
- 10:00 teen Tsosoloso School
- 12:40 teen Manzomtom High School
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf