Primêre Skool Worcester se leerders blink uit in netbal. Medayaah Cader, Abukwe Fusa, en Anke Stofberg is vir die Wes-Kaap span gekies terwyl Hanneke du Plessis en Rafiqa Meyer vir die Boland span gekies is.
Anke Stofberg is ook aangewys as kaptein van die Wes-Kaap o/12-span, Hanneke du Plessis as onderkaptein van die Boland o/12-span en Abukwe Fusa as onderkaptein van die Wes-Kaap o/13-span.
Op die foto bo:
Agter v.l.n.r.
Medayaah Cader (Wes-Kaap), Abukwe Fusa (Wes-Kaap), Anke Stofberg (Wes-Kaap)
Voor v.l.n.r.
Hanneke du Plessis (Boland), Rafiqa Meyer (Boland)