Primêre Skool Naudeville Kleuresport. Tydens Primêre Skool Naudeville se kleuresport het Aiden Schoeman twee rekords laat spat. Hy het die o.13, 80m hekkies rekord met ‘n tyd van 13,00 sekondes verbeter. Die vorige rekord was deur Nielbert Kitching in 2001 met ‘n tyd van 14,16 sek opgestel.
Aiden het ook die 200m hekkies rekord met ‘n tyd van 31,75 sek verbeter. Hierdie item se vorige rekord was ook deur Nielbert Kitching opgestel in 2001 met ‘n tyd van 32,34 sek.
Hierdie twee rekords is ‘n puik prestasie deur Aiden Schoeman!
Meer skolesport: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf