Elke jaar besoek die o/15 Netbalspanne regoor SA die netbaltoernooie. Die SA’s word apart van die ander ouderdomsgroepe gehou…nr 1 en 2 op SA’s asook 1 Ubunthu-span word die keuses gegee on in Singapoer te gaan deelneem aan ‘n ‘International Youth netball tournament’.
Motsepe foundation borg die nr 1 span en die Ubunthu span. Span nr 2 moet hul eie kostes dra. Die 3 spanne het die 19de November vertrek en het die 2de Desember teruggekeer. Potchefstroom Gimnasium is net-net 2de en het ‘n silwer medalje ontvang.
Helpmekaar is 3de met brons en die Ubunthu/Luthai span was 7de.
Hulle het meegeding teen spanne van China, Hong Kong, Singapoer, Malysië, Nieu Zeeland en Australië.