Die Interact klub van Hoërskool Punt in Mosselbaai, het saamgespan om byna 40 “dignity packs” vir die Mosselbaai SAPD se “Victim Friendly Room” te verpak. Dit is vir die opheffing van mishandelde vroue en dogters van die Mosselbaai-omgewing.
Die pakkies is deur ‘n trotse groep Punt-leerders aan Sersant James en Sersant Andrews van die Mosselbaai SAPD oorhandig.
Agter vlnr: Adillah Alexander , Sersant Andrews, Kelly October, Siphesihle Johnson, Sersant James en Chwayita Fihla
Voor vlnr: Omphile Mohapanela,Vuyisa Ramahomane,Erin Jeffery, Lorreney Warney