Porterville Uitnodigingsgala. Op Woensdag, 8 November, het Augsburg Landbougimnasium se Laer- en Hoƫrskool swemmers aan die Porterville uitnodigingsgala deelgeneem.
Augsburg was een van agt skole wat aan die gala deelgeneem het. Die kompetisie was sterk, maar die Augsies het golwe in die swembad gemaak en met 17 medaljes huis toe geswem! Hulle het 5 Goud, 8 Silwer en 4 Brons medaljes gewen.
Hiermee het Augsburg se swemmers die jaar op ān hoogtepunt afgesluit!
Meer skolenuus:https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf