Podiumpret-redenaarskompetisie. Paul Roos Gimnasium in die Paarl het vanjaar 12 leerders gehad wat aan die jaarlikse Podiumpret-redenaarskompetisie deelgeneem het. Hulle het uitstekend gevaar.
In 2016 het die Afrikaanse Taalmuseum- en Monument ‘n boom vir die pragtige tuin van die Taalmonument in die Paarl geskenk. Die name van die Graadwenners van die jaarlikse Podiumpret-redenaarskompetisie word dan op ‘n plaatjie aangebring.
Pellatt Smith het sy redenaarskategorie gewen. Hy is ook as die algehele wenner van die graad 11-groep uit alle kategorieë aangewys. Sebastian Pentz het die tweede plek in sy redenaarskategorie behaal. Hy beklee die vierde posisie op die algehele ranglys van die graad 8-groep uit alle kategorieë. Steffan Thielen het die derde plek in sy redenaarskategorie behaal. Hy beklee die vierde posisie op die algehele ranglys van die graad 9-groep uit alle kategorieë.
Baie geluk aan al die deelnemers.
Paul Roosers is baie trots op julle!!!
Meer oor Paul Roos: