Hoërskool Robertson Hoofseun. Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Christian Wentzel, Hoofseun van Hoërskool Robertson vir 2022.
Christian, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Robertson?
Ek sien dit as ‘n groot eer dat my mede-Robbies my vertrou met die verantwoordelikheid om die skool se waardes en beginsels te bemark, en ook as ‘n geleentheid om myself te ontwikkel.
Hoe het die afgelope 4 jaar by Robbies jou vir die rol as leier voorberei?
Deur te kyk en leer van onderwysers en seniors in die skool vir wie ek respek het.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
My ouer broer en suster wat albei ook hoofseun en hoofdogter was by Hoërskool Robertson.
Watter studieriging beoog jy na skool?
Ek besluit nog tussen chemise-en sagterware ingenieurswese.
Wat staan vir jou die meeste uit by Hoërskool Robertson?
Dit is ‘n klein gemeenskap. ‘n Mens ken almal in die skool, van die graad 8’s tot die matrieks wat uit die skool is. Ons skool het ‘n samehorigheid gevoel met uitstekende onderwysers.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Ja, veral spansport wat ‘n mens leer hoe om in ‘n span saam te werk en hoe om kompeterend te wees, maar terselfdertyd goeie sportmanskap te handhaaf.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Die af-periodes, maar andersins die wiskunde klas.
Wat is jou doelwitte vir Hoërskool Robertson tydens jou dienstermyn?
Om ‘n gevoel van samehorigheid te handhaaf met integriteit as basis.
Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?
Om dit wat aan my toegedeel is te benut.
Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van Robbies te word?
RHS bied leerders ‘n geleentheid om hul doelwitte te bereik in ‘n gees van samehorigheid.
Wat is jou toekoms-ideale?
Groot en klein, ek wil suksesvol wees in dit wat ek aanpak.
Foto verskaf
Lees meer oor Hoërskool Robertson: