)

Pluimbal – Hoërskool Diamantveld presteer

Pluimbal. Hoërskool Diamantveld, Kimberley, se pluimbalspelers het verlede naweek pluimbal vol opwinding beleef.

Prestasies behaal:

  • Lourens Scheffer het ‘n silwermedalje in die seuns-dubbels en ‘n goue medalje in die gemengde dubbels verower.
  • Alex Pretorius het ‘n silwermedalje in die seuns-enkels en gemengde dubbels gewen, sowel as ‘n goue medalje in die seuns-dubbels.
  • Anika van der Merwe het silwer in die gemengde dubbels verower.
  • Melay Pretorius het goud in die o.15-damesdubbels sowel as in die gemengde dubbels gewen.
  • Anika en Melay het in die semi-finaal van die o.19-dubbels gespeel. Verder het Melay ook in die semi-finaal van die o.19-gemengde dubbels meegeding. Sy en haar dubbelsmaat het teen Anika en Alex te staan gekom.
  • Cayden le Roux het in die semi-finaal van die o.15-seuns-enkels gespeel, asook in die kwarteindronde van die gemengde dubbels. Hy het ook in die o.19-kwartfinaal van die gemengde dubbels deelgeneem.
  • Henro Kritzinger, Zaylin Nel, Stefan Botes en Charlize van der Merwe het hierdie naweek ook aan die toernooi deelgeneem.

‘n Verdere uitmuntende prestasie waarop Diamantveld trots is, is dié van Madizé le Roux, wat tans die jongste gekwalifiseerde skeidsregter in Suid-Afrika is. Sy het die naweek as skeidsregter opgetree tydens al die o.15-finale. Sy het ook in Desember verlede jaar diens gedoen by die SA Internasionale Toernooi, waar sy die vroue-enkelfinaal as hoofskeidsregter waargeneem het.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.diamantveld.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal