Plasies blink op tennisbaan – Merensky Landbou Akademie het rede tot groot trots. Vyf van Plasies se talentvolle tennisspelers blink uit op die tennisbaan. Hulle is onlangs gekies om Limpopo op provinsiale vlak te verteenwoordig.
- Willem Mostert, JP Botha en Eddie Mostert is ingesluit in die o.19-span,
- Zoƫ Venter en Meninke Myburgh het hul plek in die o.15-span verower.
Die keurings volg nĆ” ān reeks sterk vertonings op die baan, waar die jong Plasies se vasbyt, tegniek en sportmanskap duidelik uitgestaan het.
āPlasies is ongelooflik trots op hierdie groep. Hulle harde werk en dissipline wys dat Merensky nie net akademies uitblink nie, maar ook sportief,ā het ān afrigter gesĆŖ.
Die spelers sal Limpopo later vanjaar verteenwoordig in interprovinsiale toernooie. Dit is ān gulde geleentheid om hul talent verder te wys en ervaring op te bou teen die bestes van die land.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








