Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch het die afgelope naweek aan die ATKV-Redenaars, Semi-finaal, deelgeneem. Die volgende sprekers het almal onder die Top-redenaars geeïndig: Jacques Botma 9de Huistaal Onvoorbereid (Seniors), Pieter Bruwer 9de Huistaal Onvoorbereid (Juniors) en Pelatt Smith 6de in die Huistaal Voorbereid (Juniors). Mihan van Zyl is as die top spreker in die Senior afdeling, Huistaal Onvoorbereid, aangewys en sal nou aan die finaal op 17 Augustus by die ATKV- Buffelspoort deelneem.
In die foto bo is Pieter Bruwer (links) en Pellatt Smith (regs).