Die Semi-finaal van die ATKV-Debatte het Saterdag op Wellington plaasgevind. Paul Roos Gimnasium se twee senior spanne het uitstekend gevaar en Alex Aldrich en Thys Sutherland het 4de geeïndig. Mihan van Zyl en Jacques Botma is eerste geplaas en sal nou aan die landswye finaal op 18 Augustus deelneem. Paul Roos se debatteerders en redenaars kan voorwaar trots wees, want hulle het vanjaar die top 4 kompetisies in die Wes-Kaap gewen, nl. Dink-of-Sink, Oppie-Tong, ATKV- Redenaars en ATKV-Debat.
Foto bo: L-R: Mihan v Zyl, Jacques Botma en Jean du Plessis