Die lede van die span, vlnr: Muhammed Docrat, Michael Samson, Francois-Paul Lategan, Jayden Durr.
Mnr Dricus Basson van PRG se Ekonomie-leerders neem jaarliks deel aan die JSE Investment Challenge, JSE se nasionale aandelebeursspel.
Daar is elke maand ‘n nasionale wenspan, wat gebasseer word op die groei wat die betrokke span se aandeleportefeulje verkry het. Een van PRG se spanne was die April-wenners.
Daarmee het hulle vir hulle elkeen sowel as die skool R500 prysgeld ontvang.