Lana Janson (graad 12) het in April aan die SSA Westelike Provinsie Nasionale senior swemkampioenskappe in Stellenbosch deelgeneem.
Sy het 1 goud (50m borslag), 2 silwer (100m en 200m borslag ) en 1 brons (200 vryslag) gewen.
Sy het ook 3 persoonlike beste tye geswem.
Baie geluk, Lana!
Foto’s verskaf