Ruard van Renen van Paul Roos Gimnasium is deur Swem Suid-Afrika uitgenooi om saam met die PRG-afrigter, Keith Jansen, aan die SA Olimpiese proewe in Gqeberha (PE) van 6 tot 12 April deel te neem, nadat hy die finaal in die 50m rugslag, 100m rugslag, 100m vryslag en 50m vryslag gehaal het.
In die 100m vryslag en 100m rugslag het hy in beide items aan die Junior Wêreld kwalifiserende tydsvereistes voldoen.
Petrus Truter het aan die Senior Nasionale Kampioenskappe tydens 14 tot 18 April in Stellenbosch deelgeneem waar hy `n Wêreld Junior kwalifiserende tyd in die 200 borsslag geswem het.
Die Nasionale kampioenskappe is in vier afsonderlike byeenkomste verdeel en in die Wes-Kaap streek het PRG 14 goue, 12 silwer en 5 brons medaljes verower.
Foto’s verskaf