)

Paul Roos Gimnasium o/15 Tennis Spanne presteer

PRG se o/15 Tennisspanne het uitstekend gedoen by die Gemengde Toernooi vir die 5de jaar in ‘n ry. Baie geluk aan die o/15 Paul Roos tennisspelers wat Donderdag en Vrydag aan Hoërskool Stellenbosch se Gemengde o/15 Toernooi vir 2018 deelgeneem het. Twee PRG spanne het saam met hul buurskole, Bloemhof en Rhenish High deelgeneem.

Die PRG A span was verteenwoordig deur die volgende Graad 9 tennisspelers: Daniel Beukes, Gordon Morrison en Heinrich Terblanche. Hierdie spelers het saam met Bloemhof gespeel.

Die PRG B span was verteenwoordig deur die volgende Graad 8 tennisspelers: Sebastiano Sola, Max Kleber en Ruan Liebenberg. Hierdie span het saam met die dogters van Rhenish deelgeneem.

Die PRG / Bloemhof span het naelskraap 2de geëindig na Paarl Boishaai en Hoër Meisieskool Paarl. Die PRG / Rhenish span het algeheel 3de ge-ëindig.

Die finale posisies, nadat al die skole teen mekaar gespeel het, was as volg:

1. Hoër Meisieskool Paarl en Paarl Boishaai
2. Paul Roos Gimnasium en Bloemhof Hoërskool
3. Paul Roos Gimnasium en Rhenish High School
4. Paarl Gimnasium
5. Stellenbosch Hoërskool

Die Bloemhof span was verteenwoordig deur Linda Mentz, Cheri Snyman en Lenka Steenkamp
Die Rhenish span was verteenwoordig deur Rachel du Plessis, Jenna Downing en Clarissa Swart

Baie geluk aan die o/15 Spanne!!

Foto heel bo: vlnr agter: Linda Mentz, Cheri Snyman en Lenka Steenkamp en Jonathan Edmund (Bloemhof)

Vlnr voor: Heinrich Terblanche, Gordon Morrison en Daniel Beukes

Foto bo: vlnr agter: Rachel du Plessis, Jenna Downing en Clarissa Swart

Vlnr voor: Max Kleber, Ruan Liebenberg en Sebastiano Sola

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal