Die afgelope naweek het die 1ste tennisspan van Paul Roos Gimnasium aan hul vierde en laaste skole tennis-toernooi vir 2018 deelgeneem. Die span was op koers om die jaar onoorwonne in tennis-toernooie af te sluit, maar ongelukkig het hulle in ‘n hartverskeurende finaal in die laaste wedstryd verloor.
Die Paul Roosers het uitstekend deur die toernooi gespeel en tennis van die hoogste gehalte is gelewer, maar is ongelukkig deur ‘n begeesterde Hoërskool Waterkloof van Pretoria met 5 wedstryde teenoor 4 wedstryde in die finaal geklop.
Agt skole van reg oor Suid-Afrika het aan die toernooi deelgeneem en Paul Roos was verteenwoordig deur Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Carl Roothman, Andre du Plessis, Hugo Kotze, Luca Link en Stephen Claasen.
Paul Roos het 1ste in hul groep geëindig nadat hulle in die rondomtalie fase met St. Stithians, Kearsney College en Hoërskool Waterkloof afgereken het. In die semi-finaal het Paul Roos vir Paarl Boishaai met 5 – 1 geklop. In die ander semi-finaal het Waterkloof met die gasheer, Grey College, afgereken.
In die finaal het Paul Roos en Waterkloof dus weer kragte gemeet. Die Paul Roosers was na die enkels met 4 – 2 voor en het slegs een van die dubbel- spel wedstryde nodig gehad om die titel te wen. Ongelukkig het die manne elkeen van die dubbelspel wedstryde naelskraap verloor met 6 – 8, 6 – 8 en 7 – 8. In die proses het Waterkloof dus die titel met 5 – 4 gewen.
Baie lesse is geleer in die wedstryd en Paul Roos sal net sterker na vore kom in die toekoms.
Die uitslae van Paul Roos was as volg:
Paul Roos wen St. Stithians: 7 – 2
Paul Roos wen Kearsney College: 8 – 1
Paul Roos wen Hoërskool Waterkloof: 8 – 1
Semi-finaal: Paul Roos wen Paarl Boishaai: 5 – 1
Finaal: Paul Roos verloor teen Waterkloof: 4 – 5
Die finale uitslae na die toernooi was as volg:
1. Hoërskool Waterkloof
2. Paul Roos Gimnasium
3. Grey College
4. HJS (Paarl Boishaai)
5. St.Stithians
6. Affies
7. Pretoria Boys High
8. Kearsney College
Tydens die prysuitdeling het die span die silwer medajes gekry. Die volgende spelers is as die beste in hul posisie aangewys:
Ruben Fortuin – beste nr 2
Carl Roothman – beste nr 3
Andre du Plessis – beste nr 4
Luca Link – beste nr 6
Foto bo: vlnr agter: Hugo Kotze, Wikus Robbertse, Luca Link, Ruben Fortuin en Jacobus Swanepoel (Afrigter)
Vlnr voor: Carl Roothman, Stephen Claasen en Andre du Plessis