Die uitdaging van ’n koronaviruspandemiejaar het dissipline, fokus en vasbyt van elke Paul Rooser geverg.
Hartlik geluk aan elke matrikulant, julle harde werk het vrugte afgewerp en Paul Roos weer eens as een van die top skole geposisioneer het.
Altesaam 248 matrieks het in 2020 die NSS-eindeksamen afgelê en spog met ’n 99,6% slaagsyfer waarvan 138 leerders ’n finale punt van bo 70% behaal het. 94% van Paul Roos-matrieks kwalifiseer om ‘n graadkursus in te skryf.
Michiel Kühn is aangewys as Paul Roos se Dux-leerder. Baie geluk!
Paul Roosers se prestasie in ’n neutedop:
- 65 (26, 2% van die groep) behaal ’n A-gemiddeld
- 73 ’n B-gemiddeld
- Michiel Kühn = 10A’s
- Danie Conradie = 9A’s
- 15 leerders met 8 A’s
- 20 leerders met 7A’s
- 70 – 80% = 73
- Vak A’s = 616 (497), ingesluit:
- Wiskunde A’s = 68
- English First Additional Language = 58
- Fisiese Wetenskappe = 50
- IGO = 47
- Rekeningkunde = 47
- English Home Language = 44
- Afrikaans Huistaal = 36
- Afrikaans EAT = 31
- Lewenswetenskappe = 30
- Geskiedenis =23
- Ekonomie = 18
- IT = 16
- CAT = 12
- AdMaths = 4
Die Top 20-matrieks van 2020 is:
1. Michiel Kühn = 96%
2. Bernard Combrink = 95.6%
3. Philip Botha = 94.2%
4. Matthew Lochner = 93.7%
4. Danie Conradie = 93.7%
6. Bekker Vorster = 93.5%
7. Andreas Wild = 93,2%
8. Mathias Smith = 92, 5%
9. Ben Morton = 92,2%
9. Sean Brandt = 92.2%
11. Remi du Plessis = 92%
12. Conrad Kriel = 91,8%
12. Alexander Petika = 91, 8%
14. Neil van der Westhuizen = 91,7%
14. George Fischer = 91, 7%
16. Joel le Roux = 91, 5%
17. Daneel Moller = 91,3%
17. Ayrton Goncalves = 91.3%
19. Alain Rautenbach = 91.2%
20. Pierre Andro = 90,8%
Paul Roos vier graag hierdie uitstekende resultate saam met elkeen van ons leerders en Paul Roos-families en betoon eer aan elkeen wat bygedra het tot die sukses:
- jongmanne wat die Paul Roos-etos van uitnemendheid uitgeleef, ten spyte van ’n baie uitdagende en onsekere jaar, puik resultate behaal,
- ‘n puik en toegewyde span onderwysers wat onmiddellik aangepas het by die uitdaging van aanlynonderrig,
- laaste, maar nie die minste nie, elke ouer, voog en ondersteuner wat julle seuns asook die skool ondersteun het.
Ons sluit die 2020-akademiese jaar op ‘n hoogtepunt af en sien daarna uit om in die 2021-akademiese jaar voort te bou op 155-jaar se tradisie en suksesse.
Knap gedaan Matrieks van 2020! Dit is nou die tyd om die toekoms waarvan jy droom, werklikheid te maak! Jy beskik oor al die gereedskap om jou volle potensiaal te bereik.
Semper Splendidior
André van Staden
Rektor