Lukas Nel
Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se 2019 Matriekklas het uitstekend presteer in die eindeksamen!
Lukas Nel is PRG Dux leerder vir 2019. Hy is ook een van die top 20 kandidate in die provinsie.
Paul Roos Gimnasium het ‘n provinsiale toekenning gekry as een van die top 20 akademiese skole in die provinsie.
Volgens die Skoleondersteuningsentrum het Paul Roos Gimnasium die derde meeste onderskeidings in Wiskunde landwyd die vyfde meeste onderskeidings in Fisiese Wetenskap landwyd en die vyfde meeste onderskeidings in Rekeningkunde landwyd.
In die katagorie meeste onderskeidings in die 4 kernvakke (Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe en Lewensetenskappe) plaas die Skoleondersteuningsentrum Paul Roos Gimnasium vierde landwyd.