Paul Roos Europese Uitruilprogram. Ná die pandemie en reisbeperkings, is dit opwindend om te sien hoe die Paul Roos Europese Uitruilprogram weer tot lewe kom.
Leerders van Gabriel von Seidl in Duitsland het vroeër die jaar by Paul Roos Gimnasium kom kuier. In Maart en April is dit Paul Roos Gimnasium-leerders se beurt om die onbekende in te vaar. Hulle gaan drie van Paul Roos se vennootskole in Duitsland, Frankryk en Nederland besoek. Die uitruilgroep bestaan uit 23 leerders en sal vergesel word deur die rektor, mnr A van Staden, en twee Paul Roos-onderwysers
. Die groep vertrek op 23 Maart en sal drie onvergeetlike weke in Europa spandeer. Hulle keer weer op 15 April terug na Suid-Afrika. Die leerders word deur families in dié drie lande gehuisves. Hulle sal die vennootskole besoek en op verskeie ekskursies gaan. Die Paul Roosers sal die geleentheid geniet om nuwe vriende te maak en verskillende kultuurervarings te beleef.
Paul Roos European Exchange Programme
After the pandemic and travel restrictions, it is exciting to see the Paul Roos European Exchange Programme come back to life.
Learners from Gabriel von Seidl in Germany visited Paul Roos Gymnasium earlier in the year. In March and April it is Paul Roos Gymnasium learners’ turn to also sail into the unknown. They will visit three of Paul Roos’ partner schools in Germany, France and also the Netherlands. The exchange group consists of 23 learners and will also be accompanied by the Rector, Mr A van Staden, and two Paul Roos teachers. The group leaves on March 23 and will spend three memorable weeks in Europe. They return to South Africa again on 15 April. The learners are also accommodated by families in these three countries. They will also visit the partner schools and go on various excursions. The Paul Roosers will enjoy the opportunity to make new friends and have different cultural experiences.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied