Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se atlete vaar goed by die Wêreld Biathlé Kampioenskappe en die Wêreld Triathlé Kampioenskappe in Spanje.
Hier die uitslae van die 3 Paul Roos multi-sport atlete wat die afgelope week vir Suid Afrika verteenwoordig het by die Wêreld Biathlé Kampioenskappe asook die Wêreld Triathlé Kampioenskappe in Viveiro,Galicia,Spanje.Hierdie seuns het merkwaardig presteer waar meer as 500 atlete van 30 lande meegeding het. In die 4 aanhangsels in hierdie e-pos is van links na regs (1ste foto) Ruard van Renen,(2de foto) die PRG trio (vlnr) Ruard van Renen,Deacon Bradley en Bernhard Andrag (3de foto) Ruard met sy 5 wêreld medaljes en (4de foto) Bernard Andrag met sy 2 wêreld medaljes.Dit sal opreg waardeer word indien die personeel in die registerklasse net kan toon hoe ons Paul Roosers gevaar het by die 2017 Wêreld Biathlé- en Wéreld Triathlé Kampioenskappe.
Wereld Biathlé Kampionskappe
Seuns onder 15 Biathlé: Hardloop 800 meter, swem 100 meter en hardloop weer 800 meter sonder rus tussen die dissiplines.
Individuele Biathlé finaal.
Brons medalje : Ruard van Renen
21ste Bernhard Andrag
22ste Deacon Bradley
Span Biathlé van 3 RSA atlete se tye in finaal
Silwer medalje Ruard van Renen met twee ander RSA atlete
Biathlé aflos van 2 RSA atlete.
Silwer medalje: Bernhard Andrag met een ander RSA atleet
Wêreld Triathlé Kampioenskappe
Seuns onder 15 Triathlé: Skiet x 4 keer teikens, swem x 4 keer 25 meter en hardloop x 4 keer 400 meter sonder rus tussen die dissiplines.
Individuele Triathlé finaal
Brons medalje: Ruard van Renen
5de plek: Bernhard Andrag
Span Triathlé van 3 RSA atlete se tye in finaal
Silwer medalje: Ruard van Renen, Bernard Andrag en ‘n ander RSA atleet.
Triathlé aflos van 2 RSA atlete
Silwer medalje: Ruard van Renen en 1 ander RSA atleet.
Op die foto heel bo: PRG manne: Ruard, Deacon en Bernhard