Laerskool Nelspruit se Vodacom Interhuis Swemgala het vanjaar, anders as vorige jare in koel weer plaasgevind. Alhoewel die donker onweerswolke op die horison gedreig het, het dit nie die Nellies se swemmers gekeer om van die dag ‘n reuse sukses te maak met altesaam 103 deelnemers wat deelgeneem het. Twee nuwe rekords is opgestel in die dogters 0/11 se 50m rugslag en 50m Vlinder, beide deur Jodi dos Santos. Haar nuwe rekord tyd in die rugslag is 38.83s. Vorige rekord was 39.46s. Haar nuwe rekord in die Vlinder is 36.62s. Vorige rekord was 38.56s.
Na ‘n lang dag van swem is die volgende top-toekennings gemaak. Groot waardering vir Vodacom Mpumalanga vir jul getroue ondersteuning met die Titelborgskap van Laerskool Nelspruit se Interhuis Swemgala 2017. Dankie vir die lojale verhouding tussen Nellies en Vodacom die afgelope paar jaar. #TrotsNellies #TrotsVodacom.
Beste prestasie van die dag – Junior dogter – Zoë Cilliers
Beste prestasie van die dag – Junior seun – JP Snyman
Beste prestasie van die dag – Senior dogter – Milche Mulder
Beste prestasie van die dag – Senior seun – Janco Rademeyer
Junior Victrix Ludorum – Zoë Cilliers
Junior Victor Ludorum – JP Snyman
Senior Victrix Ludorum – Jodi dos Santos
Senior Victor Ludorum – Janco Rademeyer
Op die foto bo:
v.l.n.r.: Milche Mulder, Jodi dos Santos, Zoë Cilliers, Mnr Werner Swanepoel van Vodacom, JP Snyman en Janco Rademeyer.
Foto links:Â Emma Snyman in aksie