)

Laerskool Nelspruit hou Interhuis Swemgala

Laerskool Nelspruit se Vodacom Interhuis Swemgala het vanjaar, anders as vorige jare in koel weer plaasgevind. Alhoewel die donker onweerswolke op die horison gedreig het, het dit nie die Nellies se swemmers gekeer om van die dag ‘n reuse sukses te maak met altesaam 103 deelnemers wat deelgeneem het. Twee nuwe rekords is opgestel in die dogters 0/11 se 50m rugslag en 50m Vlinder, beide deur Jodi dos Santos. Haar nuwe rekord tyd in die rugslag is 38.83s. Vorige rekord was 39.46s. Haar nuwe rekord in die Vlinder is 36.62s. Vorige rekord was 38.56s.

Na ‘n lang dag van swem is die volgende top-toekennings gemaak. Groot waardering vir Vodacom Mpumalanga vir jul getroue ondersteuning met die Titelborgskap van Laerskool Nelspruit se Interhuis Swemgala 2017. Dankie vir die lojale verhouding tussen Nellies en Vodacom die afgelope paar jaar. #TrotsNellies #TrotsVodacom.

Beste prestasie van die dag – Junior dogter – Zoë Cilliers

Beste prestasie van die dag – Junior seun – JP Snyman

Beste prestasie van die dag – Senior dogter – Milche Mulder

Beste prestasie van die dag – Senior seun – Janco Rademeyer

Junior Victrix Ludorum – Zoë Cilliers

Junior Victor Ludorum – JP Snyman

Senior Victrix Ludorum – Jodi dos Santos

Senior Victor Ludorum – Janco Rademeyer

Op die foto bo:

v.l.n.r.:  Milche Mulder, Jodi dos Santos, Zoë Cilliers, Mnr Werner Swanepoel van Vodacom, JP Snyman en Janco Rademeyer.

EMMA SNYMAN

 

Foto links:  Emma Snyman in aksie

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal