Die 1ste tennis span van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, het die afgelope naweek die Kearsney Tennis Festival op oortuigende wyse gewen deur die span van Grey College in die finaal te klop. Die telling was 6 – 0 in die finaal. Dit is die tweede groot tennis titel van die jaar vir die tennis span nadat hulle ook in Februarie die Gerrie Berner Toernooi op Stellenbosch gewen het.
Dit is vanjaar die 23ste keer dat die Kearsney Tennis Festival plaasgevind het. Agt skole van regoor Suid- Afrika het aan die Festival deelgeneem. Die skole was opgedeel in twee groepe, nl. die Rafa groep en die Novak groep. Die skole het in die onderskeie groepe teen mekaar gespeel en dan oorkruis gespeel vir ‘n plek in die finaal. Nadat PRG 1ste in hul groep geëindig het, het hulle teen Pretoria Boys High in die semi-finaal gespeel. Daarna het hulle teen Grey in die finaal gespeel wat op hul beurt weer met Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) afgereken het.
Die finaal tussen Paul Roos en Grey het kwaliteit tennis opgelewer. Alhoewel die eindtelling 6 – 0 was, is drie van die wedstryde eers in die 3de stel in Paul Roos se guns beklink. Hierdie wedstryde kon enige kant toe gegaan het, maar die PRG seuns het die druk goed verwerk en in al drie gevalle die laaste punt gewen.
Die PRG span se uitslae was as volg:
PRG wen Clifton High (Durban): 9 – 0
PRG wen Afrikaans Seuns (Affies): 5 – 4
PRG wen Selborne College: 9 – 0
PRG wen Pretoria Boys High: 6 – 0 (Semi-finaal)
PRG wen Grey College: 6 – 0 (Finaal)
Die span van PRG was: Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Carl Roothman, Jean Durand, Andre du Plessis, Hugo Kotze en Ingo Reuter
Tydens die prysuitdelings funksie is die volgende spelers as die beste in hul posisie aangewys: Carl Roothman beste nr 3, Jean Durand beste nr 4, Andre du Plessis beste nr 5 en Hugo Kotze beste nr 6.
Die finale stand van sake na die toernooi was as volg:
- Paul Roos Gimnasium
- Grey College
- Affies
- Pretoria Boys High
- Selborne College
- Clifton School
- Kearsney College
- Rondebosch Boys High
Baie geluk aan die Paul Roos seuns met hul pragtige vertoning. Die span het hul uitstekend van hul taak gekwyt op en van die baan. Welgedaan!!
Op die foto bo van links na regs is die 1ste Tennis span by die Kearsney Tennis Festival:
Swannie Swanepoel (Afrigter), Jean Durand (Kaptein), Wikus Robbertse, Andre du Plessis, Ingo Reuter, Hugo Kotze, Ruben Fortuin en Carl Roothman