Parstyd – Daar is niks mooier as ‘n klomp entoesiastiese leerders van Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam, wat reeds om 05:30 in die wingerd is vir Parstyd nie. Dit is hulle jaarlikse Parstyd, en tradisioneel is Parstyd vir alle Graad sewe tot Graad twaalf leerders. Dit nou die Chardonnay-blok se beurt. Die mikpunt is om 20 ton druiwe in die Parstyd te pars.
Augsburg se leerders, in samewerking met Augsburg Boerdery, het reeds 16,76 ton chardonnay-druiwe geoes. Drie vragte druiwe is afgelewer by Trawal Wynkelder. Die volgende dag het Augsburg Boerdery voortgegaan om nog ‘n orige drie ton te oes.
Baie dankie aan alle betrokkenes, personeel en leerders vir die saamwerk!!
Hoe sluit jy die dag perfek af? Jy blaai saam deur foto’s van ‘n suksesvolle Parsdag.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien