Outeniqua atletiek. Hoërskool Outeniqua in George atletiek se atlete het geskitter by die George-streekbyeenkoms. Die Kwagga atlete het altesaam 86 eerste plekke, 58 tweede plekke en dertig derde plekke behaal.
Die kwagga atlete het gesorg dat agt rekords verbeter en een rekord geëwenaar is:
- Anzel Botes: dogters o.14 – 200m, 27,0 – 810 punte; 400m 61,81 – 840 punte
- Nicola Barnard: dogters o.15 – spiesgooi, 43,03 – 870 punte
- Anri Crook: Dogterso.17 – hoogspring,1,61 – 870 punte
- Mignon Burger: dogters o.19 – hoogspring, 1.65 – 750 punte
- Grand Savage: seuns o.15 – hoogspring, 1,79 – 750 punte
- Zian du Plessis: seuns o.15 – gewigstoot, 17,87 – 970 punte
- Neil Erasmus: seuns o.19 – paalspring, 4m – 570 punte
Annika Pretorius en Talia van Rensburg het beide die paalspring rekord vir o.14 dogters geëwenaar met ‘n hoogte van 1,90m.
Die algehele dogtersprestasie van die dag: Nicola Barnard en die algehele seunsprestasie van die dag: Zian du Plessis.
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za